"Slaap Nou My Prinsie" deur M.I. Murray en G.G. Cillié [boodskap #120774] |
Fri, 14 September 2018 20:20 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 525 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
SLAAP NOU MY PRINSIESlaap nou, my prinsie so klein; daglig het lankal verdwyn;
buitekant is dit al nag, moedertjie hou by jou wag.
Skapies en voëltjies rus, word deur die windjie gesus.
Slaap wyl die sterretjies skyn, slaap nou my prinsie so klein.
Doe-doe, doe-doe.
Wie's so tevrede soos jy? Wat jy wou het jy gekry;
maatjies het met jou kom speel, nooit het die tyd jou verveel.
Nou's jy versorg en gevoed, rustig en stil jou gemoed.
Wyl maan en sterretjies skyn, slaap voort, my prinsie so klein.
Doe-doe, doe-doe.
Dié lied staan ook bekend as die Mozart-wiegelied.
Woorde: M.I. MURRAY en G.G. CILLIÉ
Musiek: B. FLIES; verwerk: G.G. CILLIÉ
|
|
|